Local is inderdaad lekker.
Vandag is dit die kerkbazaar. Ons bak en brou al heelweek en mamsie was vreeslik opgewonde om te sien dat P'nP nuwe geure jellie maak. Mango en waatlemoengeure is nou beskikbaar. Die trifle gaan wild wees! Ek dink natuurlik dat waatlemoengeurjellie nogal lekker jello shots sal maak, maar dit sal nie deug by 'n NG-kerkbazaar nie. O sies gag!
Ken en die band gaan musiek maak. Hulle oefen al heelweek en sy stem is eintlik al bietjie rou. Ek dink dit maak hom net soveel meer sexy. Gepraat van sexy, ek hoor Merwe van Basic het sy lang takhare laat knip. En ja, ek weet Merwe se skouers is die breedste in die Boland, want dis soms (indien enigsins) die rede hoekom die son nie skyn nie. Noudat ons praat oor breë skouers, ek dink Ken wen titel vir breedste skouers in KZN.
In elk geval, Ken en die band sing 'n hele paar liedjies... onder andere Free Falling, Black Balloon, Bad Moon Rising en dan die waaghalsige Flavour of the Week. Die dominee se vrou het gistermiddag mooi laat verstaan dat daardie geraas die kerk R30 000 gaan kos, hulle moet liewer iets rustiger sing. Ken het homself vinnig vervies, ek dink hy sal nou soos 'n stout tiener aspris die liedjie sing!
Vanaand is die groot konsert. Coenie de Villiers en Jannie Moolman. Vet pret!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment