Tuesday, September 9, 2008

voetsêk!

Vandag het ek toe gegaan vir 'n tweede opinie.

Dit was nog altyd 'n stryd om my in 'n dokterspreekkamer te kry. Ek kan net nie van die spul hou nie. Miskien het dit te doen met my persepsie van 'n dokter. Of miskien meer my ouers se houding teenoor dokters. Of my houding en persepsie van 'n dokter. Hoe ookal, die punt bly staan dat ek 'n onaangename krieweling ervaar as ek in die spreekkamer instap.

Dalk het dit te doen met die feit dat ek nou nog nie 'n kindersiekte soos waterpokkies of pampoentjies of masels gehad het nie. Of dat ek nooit in my skoolloopbaan afwesig was nie. Ek dink my immuunstelsel is redelik goed, behalwe nou vir die keer toe ek in my tweedejaar amper longontsteking gekry het... maar dit was bloot omdat ons elke aand in die reën uitgegaan het na die watergate van die Bos.

So bevestig die tweede voetman dat ek wel probleemvoete het. Soveel so dat daar gekap, getimmer, gekerf, gespoeg en geplak gaan moet word. So gou as moontlik, verkieslik binne die volgede 5 jaar, anders mag my voete dalk net nog erger word as nou.

Interessant.

En dié is nog net 'n deeltjie van my avontuurbelaaide lewe.

No comments: