Wednesday, September 10, 2008

Piesangplaas

Ek hou van Ma se kos.

Ek kuier weer vinnig by die huis vir 'n week. Klasvrye studieweek is wat die US dit noem. Dis eintlik net 'n omgewingsverandering. Met ekstra voordele soos Ma se kos, my eie kamer, Jollie wat saam met my in die sonnetjie lê vir 'n middagslapie en oneindige tv. Die ergste natuurlik, is wanneer ek my sware boeke so heen en weer karwy, so asof ek regtig gaan werk aan die bemarkingsplan deur die vakansie.

Die kuiers by die Piesangplaas is 'n goeie voorbeeld van mag van die gewoonte, want vanaand is Woensdag en ons spul moet net doodeenvoudig 'n draai gaan maak. Ek is juis ook aangestel as toergids en hoof van die verwelkomingskomitee, want Dr Phil het laasweek hiernatoe verhuis om sy zuma jare te doen. Laantjie het streng opdrag gegee dat ek hom onder my vlerk moet inneem en aan Ken en sy band voorstel.

Weet nog nie wat dit alles gaan oplewer nie. Sal maar nog sien of ek met die man kan gesels, ek hou mos nie van dokters nie. Maar blykbaar sal ons baie in gemeen hê, so ek vat Laantjie se woord daarvoor.

O, ja, die Piesangplaas. Dis altyd opwindend om soontoe te gaan. Laaskeer toe ek daar was het ek 'n Waatlemoenboer van Hartswater daar ontmoet. Wie weet wat vanaand sal inhou. Laantjie waarsku my mos altyd: "Pasop vir vreemde mans met bekende drank, asook bekende mans met vreemde drank"

Sal versigtig wees en julle op hoogte hou.

No comments: