Sunday, September 14, 2008

poplap

My sosiale pligte hou my uit die werk.

As hoof van die verwelkomingskomitee was dit deel van my sosiale plig om vir Dr Phil aan elke krieseltjie PMB-local-is-lekker aktiwiteite en mense bekend te stel.

So is ons toe gistraand saam met Ken en sy band na die kerkbazaar se konsert. Die tent het sommer bult gestaan omdat elke tannie en oom hul sitplek moes inneem om vir Coenie te hoor sing. Toe Namakwaland se splinternuwe jas eers begin nuwejaar hou, was die gemeentelede histeries aan die applous en juig. Feestelik! Ons was net te bly dat Van Loveren een van die borge was, alles is meer draaglik na 2 glasies wyn. Veral 'n NG kerkbazaar.

Dr Phil het homself gate uitgeniet en dit lyk asof hy heel goed gaan inskakel hier in PMB. Kyk, selfs mamsie het hom al onder haar vlerk, hy was dan al klaar genooi vir ete en als. Ek sien nog in my geestesoog hoe al die tannies hulle dogters, kleindogters en susterskinders aan hom gaan voorstel. Niks soos nuwe talent in 'n klein gemeenskap nie. Hy gaan zulu klasse neem by K-love en latin american dancing begin doen saam met Né-tjie.

En so tussendeur al die aandag wat hy kry, noem hy my nog steeds poplap.

No comments: