Selfbejammering is belaglik!
Veral as jy weet dat alles wat tot dusver verloop het presies gebeur het omdat jy dit toegelaat het om te gebeur.
Goed, goed, ek sal ophou met die kode taal.
Klas begin weer Maandag. Ons skryf eksamen Donderdag. Vrydag moet daar nog 'n raamwerk ingege word van die grote BEMARKINGSPLAN... en dis net vir die week van 22 -27 Sept. Dan begin die groot gevreesde Oktober 2008. Dis die tipe ding wat ouers gebruik om hul kinders mee bang te praat.
Alles goed en wel as die lewe net oor akademie was. Ons is immers sosiale wesens en my lewe is mos so kleurvol en beknop! Graag sal ek myself net bietjie wil jammer kry, so asof dit Maandagmiddag tussen 13:00 en 15:00 is. Dan raak ek skielik weer vies as ek so sit en bepeins. Ek dink ek is baie teenstrydig, so asof ek tussen 2 sterk pole val en nie lekker weet watter kant toe nie.
Nee wat, geen punt om 'n sissie te wees. Wie's bang?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment