Ek het 'n laslappiedag gehad.
Vanoggend by die kerk het Shots Carla se neef getuig: "Ek huil nie sommer nie, jong, ek is so manlik jy kan met my ploeg" Ai, dis darem maar mooi gestel.
Luilekkersondagmiddag was lanklaas so lui en so lekker. Dis moeilik om heeltemal af te skakel, want my akademiese verpligtinge dawer so oor my kop. Toemaar, my verantwoordelikheidsin sal binnekort inskop.
Ken en die band het ons genooi om te kom fliek en toe nooi ek weer die spul oor vir koffie by my huis. So oor en weer, ek wens ek het nie nodig gehad om te swot nie. Ja, ek weet teen volgende jaar die tyd as ek al hard besig is om te werk, dan verlang ek na my sorglose studentedae.
Tog kan ek getuig dat ek vir die eerste keer in 'n baie lang tyd gelukkig is. Waarlik gelukkig. En so sê Dr Phil toe vandag vir my: "Happiness is having enough"
Ek dink ek het genoeg.
genoeg opwinding
genoeg vriende
genoeg liefde
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment