Ek is so te sê al weer in die kaap.
Noudat ek goed herstel het by die huis van my eierdop-lopery, kan ek met 'n nuwe blaadjie weer begin. Of aangaan. Of klaarmaak. Ek is nie presies seker wat die volgende 8 weke genoem moet word nie. Ek is wel vreesbevange. Ek sien 'n worsmasjien vol dinge wat moet gebeur.
Ironies genoeg wil ek nie terug gaan kaap toe nie. Na 6 jaar van veg en baklei om so ver as moontlik weg te kom van PMB, bevind ek myself in 'n vreemde situasie. Skielik begin ek oorweeg om dalk, net dalk, werk te soek nader aan die huis...
Soos Buurvrou so ruk terug gesê het:
"Mooooooeeeeeniiieeeee die kaaaaaaaaaaak aaaaaaagteeeeeer die buuuuuuuuuuuult gaaaaaaaan haaaaaaaaaaal nieeee. Jy is hieeeeeeeeer. Die kaaaaaaaaaaaak is daaaaaaaaaaaaaar"
Maar sien, dis moeilik. My koppie werk mos altyd oortyd. Ek kan nie help om te lag vir myself nie. Ek begin dink ek is 'n ironie-versamelaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment