Saturday, October 11, 2008

Te vroeg vir 'n Saterdagoggend

Ek hou van vroeg opstaan.

Dit was nog nooit regtig 'n pyn vir my om vroeg op te staan om iets te gaan doen nie. Plig of plesier, as die wekker afgaan dan is ek reg vir aksie. Die afgelope 2 maande was eintlik bietjie moeiliker, want daar is net nie genoeg energie in my lyf oor om in die oggend op te staan nie.

Appleslut wat BRek Honns doen en haarself ook simpel swot, beskryf die gevoel so mooi. As mens in die oggend wakker word wil jy begin huil en jou kussing vashou en uitskree:
"Noooo, the pain starts!!"

Maar iewers laasweek het ek tot die besef gekom daar is 3 goed wat ek MOET doen om hierdie kursus deur te kom.

Ek MOET eet.
Ek MOET slaap.
Ek MOET oefening doen.

So maklik soos dit. My oplossing vir die volgende 3 weke is dus om die drie goed eweredig te verdeel en dit die lekkerste dele van my dag te maak. Want ja, die ander 15 ure sit en tik ek aan die tesis.

So elke dag het ek 'n ete afspraak met iemand wat my siel voed.
Ek maak seker ek slaap minstens 7 ure per nag.
En ek oefen vir 'n uur, net om die frustrasies uit te woed.

Vanoggand is ek weer heel vurig op en wakker. Reg vir die gym en reg vir die maraton tiksessie. Na gistraand se dinner-party met Netsie en Appleslut is ek gelaai vir enige berg of storm.

Ek was heel in my skik met myself dat ek al 06:20 stop voor Coetzenburg... net om uit te vind dat hulle eers 07:00 op 'n Saterdag oopmaak!

No comments: