Ek het vandag 2 dinge geleer.
Hier sit ek in die rekenaarlab terwyl nog 'n sonskyndag my terg. Dis lente in die boland en Koos sou darem vandag 'n paar ekstra versies kon bysing, want vandag is pragtig.
Dis vroeg Oktober en ek weet presies hoe die volgende 4 weke lyk. Dis die struktuur wat my keel so klein bietjie laat toetrek. So tussendeur die tesis, 'n navorsingstaak, 2 powerpoint presentations en nog 'n eksamen weet ek darem dat ek Oktober afsluit met Rico se Halloween/Gorrilla verjaarsdagpartytjie op die 31ste. Ek dink nie eers ek gaan 'n kostuum nodig hê vir die affêre nie. Ek kan maar net aangaan soos wat ek nou aangaan en die dag wat ek daai tesis ingee sommer begin partytjie.
Ek het darem 'n paar interessante feite vandag geleer hier in die lab. Eerstens, dat nie eers die groot boks smarties genoeg is om jou te troos omdat jy nie die sonskyn kan waardeer nie. En tweedens, Suid-Afrika het teen einde 2007 6.6miljoen internetverbruikers gehad en teen 2012 word daar bereken dat daar 'n volle 11.3miljoen internetverbruikers sal wees.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment