Thursday, October 2, 2008

koffieboer in Tahiti

Ek wil eendag spesialiseer in lugkasteelargitektuur.

Ek dink ek is darem nou al bekwaam om dié goed te beplan, konstrueer en selfs te verf. Die lekkerste natuurlik is wanneer daar iemand anders is wat die entoesiasme deel en net so graag 'n paar kleurkryte gryp en verder skribbel op die bloudruk. Ek ken nogal 'n paar sulke mense.

Nou ja toe. Dis Oktober en ek dink ek het nou al genoeg verduidelik hoe bedrywig ek veronderstel is om te wees. Tog vind ek tyd om tussendeur te gesels met ou vriende en dan te droom oor al die ander plekke waar ek eerder sou wou wees.

Soos Tahiti.

Toe besluit Koala dat hy sommer sal saam gaan. Hoe durf ek so 'n avontuur aanpak op my eie? Buitendien, hy sal dan seker maak dat die koffieplantasie genoeg geldjies inbring om op 'n daaglikse basis die son te kan sien sak en 'n Pina Colada te geniet.
Lieflik!

So terwyl ek dan verder lees oor SA se groeiende internetverbruikers sal ek kort-kort stop om te dink aan 'n plek wat bietjie verder en bietjie aanlokliker is as hier.

No comments: