Ek het nie 'n kostuum nodig vir Vrydagaand se Halloweenpartytjie nie.
So kom die kwartaal uiteindelik tot 'n einde. Dit was moontlik die rofste 7 akademiese en emosionele weke van my lewe. Na reekse en reekse se laat nagte, deurnagte, vroeë oggende en lang etensure van tik, navors, hersien, tik en weer tik is dit nou klaar.
Maar ek voel so bietjie soos 'n zombie. Dis moontlik dat ek al twee dae terug 'n berroerte gehad het en nog nie agter gekom het dat die skuim teen die kant van my mond afdrup nie. Bloot net omdat ek onophoudelik sit en tik en tik en tik aan die bemarkingsplan.
Tussendeur dit alles het ek 'n paar splinternuwe Converse skoene gewen. En 'n nuwe hart gekoop.
Na die vreeslike bedrywige en kleurvolle beknopte jaar is daar iets bittersoet aan die einde wat my opgewonde en blinkoog motiveer om uit te hou en aan te hou en klaar te maak.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment