Ek het nie 'n kostuum nodig vir Vrydagaand se Halloweenpartytjie nie.
So kom die kwartaal uiteindelik tot 'n einde. Dit was moontlik die rofste 7 akademiese en emosionele weke van my lewe. Na reekse en reekse se laat nagte, deurnagte, vroeë oggende en lang etensure van tik, navors, hersien, tik en weer tik is dit nou klaar.
Maar ek voel so bietjie soos 'n zombie. Dis moontlik dat ek al twee dae terug 'n berroerte gehad het en nog nie agter gekom het dat die skuim teen die kant van my mond afdrup nie. Bloot net omdat ek onophoudelik sit en tik en tik en tik aan die bemarkingsplan.
Tussendeur dit alles het ek 'n paar splinternuwe Converse skoene gewen. En 'n nuwe hart gekoop.
Na die vreeslike bedrywige en kleurvolle beknopte jaar is daar iets bittersoet aan die einde wat my opgewonde en blinkoog motiveer om uit te hou en aan te hou en klaar te maak.
Wednesday, October 29, 2008
Saturday, October 11, 2008
Te vroeg vir 'n Saterdagoggend
Ek hou van vroeg opstaan.
Dit was nog nooit regtig 'n pyn vir my om vroeg op te staan om iets te gaan doen nie. Plig of plesier, as die wekker afgaan dan is ek reg vir aksie. Die afgelope 2 maande was eintlik bietjie moeiliker, want daar is net nie genoeg energie in my lyf oor om in die oggend op te staan nie.
Appleslut wat BRek Honns doen en haarself ook simpel swot, beskryf die gevoel so mooi. As mens in die oggend wakker word wil jy begin huil en jou kussing vashou en uitskree:
"Noooo, the pain starts!!"
Maar iewers laasweek het ek tot die besef gekom daar is 3 goed wat ek MOET doen om hierdie kursus deur te kom.
Ek MOET eet.
Ek MOET slaap.
Ek MOET oefening doen.
So maklik soos dit. My oplossing vir die volgende 3 weke is dus om die drie goed eweredig te verdeel en dit die lekkerste dele van my dag te maak. Want ja, die ander 15 ure sit en tik ek aan die tesis.
So elke dag het ek 'n ete afspraak met iemand wat my siel voed.
Ek maak seker ek slaap minstens 7 ure per nag.
En ek oefen vir 'n uur, net om die frustrasies uit te woed.
Vanoggand is ek weer heel vurig op en wakker. Reg vir die gym en reg vir die maraton tiksessie. Na gistraand se dinner-party met Netsie en Appleslut is ek gelaai vir enige berg of storm.
Ek was heel in my skik met myself dat ek al 06:20 stop voor Coetzenburg... net om uit te vind dat hulle eers 07:00 op 'n Saterdag oopmaak!

Thursday, October 9, 2008
roomys statistieke
Ek hou nie van roomys nie.
Nie omdat dit vet maak, of te ryk en romerig is, of te soet nie. Ek hou van die idee van roomys eet op die strand. Dit lyk altyd so lekker om 'n roomys te deel en lek-lek in die straat te stap met jou liefling en 'n dubbel sjokolade-toffie op een van daardie lekker horinkies.
Maar ek hou nie van roomys nie, al van kleins af.
Roomys is koud en gee my onmiddellik hoofpyn.
So ek is besig met 'n magdom statistiek wat ek moet verwerk en kodes gee en in Excell op 'n spreadsheet moet sit.
Ek haat Excell.
Dis te reguit, te akkuraat, te veel blokkies en herinner my hopeloos te veel aan iets soortgelyk aan 'n kontantontvangstejoernaal of watookal dit was wat ek geleer het in rekeningkunde in st7.
En met al hierdie navorsing word ek toe geforseer om 'n spreadsheet te maak. Al die blokkies, al die kodes, al die data. Genoeg om my hoofpyn te gee, want ek kyk kruismedwars en kan nie sien watter lettertjie by watter nommertjie moet kom nie.
Dis toe wat ek aan roomys dink. (want dis skielik koud hier in fharga en nie meer so subtropies nie). Net daar vind ek die oplossing vir my hoofpyn! Die rye en rye blokkies is nou in kleure in roomys skakerings. Lyk te pragtig, so asof mens dit wil lek.
Van een hoofpyn na die volgende is ek darem nou heel in my skik met my roomys statistieke!

Monday, October 6, 2008
doodgewoon fantasties
Ek het 'n doodgwone fantastiese dag gehad.
Behalwe nou vir die feit dat ek die grootse deel van die dag in die lab was terwyl die son vandag weer partytjie gehou het en vir almal gelukstrale gegee het.
Ek was al half7 besig om fiets te ry. Nee, nie regte fiets nie. (Ritme! Balans! Ko-ordinasie!) Die gymfiets.
En 9h het ek al mooi netjies aangetrek en klaar ge-ontbyt gesit en tik aan my "random sampling errors" Ja, heel lukraak so vir 'n Maandagoggend.
Teen 11h het ek gaan koffie saam met Laantjie en Plantjie. Altyd pret om te neul oor hoe oud ons geword het en hoe nodig dit is om te gym in die oggend.
Tussendeur het ek gehap aan 'n appel en 'n geglimlag vir so paar vreemdelinge.
Net om teen laatmiddag te besef dat dit amper tyd is vir klas by Spotty. Weereens interessante feite geleer oor belangriker goed in die lewe soos Nutella vir ontbyt.
En na by purple haze power smoothy en 2-uur maraton tiksessie, voel ek tevrede.
Wat 'n doodgewoon fantastiese dag!

Friday, October 3, 2008
subtropiese klimaat van Fharga
Ek sien myself op 'n eiland.
Aangesien ek so dagdroom oor al die ander plekke waar ek eerder sou wou wees, help dit natuurlik nie dat die rekenaarlab (ook beter bekend as Fharga) subtropiese klimaat het nie!
Graag sou ek wou hê dat iemand 'n stringetjie blomme om my nek hang as ek hier instap en onmiddelik 'n kleurvolle kelkie in my hand stop. Met sommer twee klein sambreeltjies daarin!
Maar nee, al wat ek kry is 'n onstabiele stoel wat kreun as mens nader skuif aan die rekenaar en lugversorging wat heeltemal seisoen bedonnerd is.
Lugversoring, nogal... meer soos onversorgde lug!

Thursday, October 2, 2008
koffieboer in Tahiti
Ek wil eendag spesialiseer in lugkasteelargitektuur.
Ek dink ek is darem nou al bekwaam om dié goed te beplan, konstrueer en selfs te verf. Die lekkerste natuurlik is wanneer daar iemand anders is wat die entoesiasme deel en net so graag 'n paar kleurkryte gryp en verder skribbel op die bloudruk. Ek ken nogal 'n paar sulke mense.
Nou ja toe. Dis Oktober en ek dink ek het nou al genoeg verduidelik hoe bedrywig ek veronderstel is om te wees. Tog vind ek tyd om tussendeur te gesels met ou vriende en dan te droom oor al die ander plekke waar ek eerder sou wou wees.
Soos Tahiti.
Toe besluit Koala dat hy sommer sal saam gaan. Hoe durf ek so 'n avontuur aanpak op my eie? Buitendien, hy sal dan seker maak dat die koffieplantasie genoeg geldjies inbring om op 'n daaglikse basis die son te kan sien sak en 'n Pina Colada te geniet.
Lieflik!
So terwyl ek dan verder lees oor SA se groeiende internetverbruikers sal ek kort-kort stop om te dink aan 'n plek wat bietjie verder en bietjie aanlokliker is as hier.

Wednesday, October 1, 2008
6.6 miljoen
Ek het vandag 2 dinge geleer.
Hier sit ek in die rekenaarlab terwyl nog 'n sonskyndag my terg. Dis lente in die boland en Koos sou darem vandag 'n paar ekstra versies kon bysing, want vandag is pragtig.
Dis vroeg Oktober en ek weet presies hoe die volgende 4 weke lyk. Dis die struktuur wat my keel so klein bietjie laat toetrek. So tussendeur die tesis, 'n navorsingstaak, 2 powerpoint presentations en nog 'n eksamen weet ek darem dat ek Oktober afsluit met Rico se Halloween/Gorrilla verjaarsdagpartytjie op die 31ste. Ek dink nie eers ek gaan 'n kostuum nodig hê vir die affêre nie. Ek kan maar net aangaan soos wat ek nou aangaan en die dag wat ek daai tesis ingee sommer begin partytjie.
Ek het darem 'n paar interessante feite vandag geleer hier in die lab. Eerstens, dat nie eers die groot boks smarties genoeg is om jou te troos omdat jy nie die sonskyn kan waardeer nie. En tweedens, Suid-Afrika het teen einde 2007 6.6miljoen internetverbruikers gehad en teen 2012 word daar bereken dat daar 'n volle 11.3miljoen internetverbruikers sal wees.

Subscribe to:
Comments (Atom)