Sunday, February 22, 2009

update

Dit gaan goed met die familie.
Casper is dekaanseksamen deur en doen nou logistiek honneurs.
Johan het 'n date gehad vir Valentynsdag.
Theunis het aan nog 'n vasvra kompetisie deelgeneem en hou sy houswarming die naweek wat hy verjaar.
My pa het vir hom 'n huge Nissan bakkie gekoop wat brom soos 'n trekker.
My ma werk steeds hard en verwyt almal omdat sy niks lekkers vir haar self kan doen nie.
My tannie wat vir 64 jaar al single is het nou 'n kêrel wat al die pad van Nylstroom na Belleville toe gery het om vir haar te kuier.
My oupa het prostaatkanker en die chemo gaan heel goed, maar hy kan nie meer lekker hoor of sien nie. Hy maak darem nog goeie grappies!

Ek het laasweek 'n kar gekoop en ry nou heerlik rond. Ek en Phili is nou al amper 7 maande saam and still going strong. Raak net liewer vir die man elke dag. Ons sien mekaar gereeld en gym saam ten minste 4 keer per week. Niks soos twee sweetlywe nie... Ons gaan elke maand vir 'n naweek weg om seker te maak die spark bly behoue en dan speel ons so af en toe bietjie golf tussendeur. Ons het 'n versameling begin van ons gunsteling DVD's so elke maand koop ons elk 'n favourite of all time DVD.
Ek het Breakfast at Tiffany's vir Februarie. Phili het dit baie geniet, ek dink amper meer as ek. Ha!

Selgroep gaan goed, daar is baie romanse aan die gang. Ken is mal oor die Fisiotjie en sy is mal oor hom, maar hulle koekeloer nog net oor teksverse na mekaar. Ek het so gehoop my kinderkransdans wat ek gereël het sou die bal aan die rol sit!!

Ek werk nogal hard, sodat ek my dinge agtermekaar kan kry. Hoe meer werkswinkels ek kan volmaak hoe beter is my kommissie, so ek is woes besig met 'n paar bemarkingstrategieë.

Volgende naweek kom die skoonouers in Natal kuier. Parents meet the Parents... gaan interessant wees. Ek is opgewonde om weer vir Tannie Lientjie te sien, sy gesels lekker en lag net soos Phili.

Dis omtrent dit vir wat alles tot dusver gebeur het.

O, en die terapie help baie.

Friday, February 20, 2009

Fantastiese Februarie

Baie dinge het al gebeur sedert ek laas in Desember hier was.

Ek is besonder bedrywig by die werk, die kerk en elke ander plek in PMB. En dit gaan goed, vreeslik goed, buitensporig goed.

Dinge val in plek. En nog meer dinge gaan binnekort in plek val.

Watch this space!

Friday, December 12, 2008

formaliteite en familievakansies

Dit was 'n bedrywige week.

Na 17 ure se rit vanaf Natal na die Boland het ek vir oulaas weer kom nostalgies raak oor my universiteitsjare. Die einde was inderdaad bittersoet en die plegtigheid was 4 ure lank sodat ek my 4 seconds of fame kon hê terwyl die tannie my oor die kop slaan.

Ek is maar bly dit was net 4 sekondes. Dit beteken ek het ten minste nog 14 minute en 56 sekondes oor! Klink vir my opwindend, want siende dat ek nou die kruin van my kwarteeu-krisis betree kan dit van nou af net beter gaan.

Terug na die Sleepy Hollow toe met my, want daar wag nuwe uitdagings, wonderlike mense en 'n skoon begin.

En na hierdie intense week van formaliteite en familie en vakansie is dit weereens bevestig. Mens kan nie jou familie kies nie, maar gelukkig kan jy al die ander mense om jou kies presies soos jy van hulle hou.

Wednesday, December 3, 2008

Pyp, twak, vuurhoudjies.

check.
check.
check.

So daar is 'n paar goed wat moes uitgesorteer word, en dis nou afgehandel.

Kyk, teen die tyd kan jy my niks meer van 'n dokter vertel nie. Ek sien een elke dag, ek sien 'n ander een weekliks, ek bel 'n ander een elke twee weke (die waglys is 6maande, so ek het my stalker knoppie opgedraai van 'n 2 na 'n 7, om seker te maak ek kom in).

Intussen werk ek aan so paar kantlynprojekte, bloot net om my besig te hou gedurende hierdie nuwe wagtydperk. Ek is weer ingeboek by BadCop wat seker maak ek doen my 200 crunches sonder blaaskans. Die piesangplaasverrigtinge en sosiale netwerk is in orde en eintlik nou weer vol lewe vandat ek terug is. En dan is daar natuurlik die golflesse en David Leadbetter se advies wat my kry om te fokus op nuwe dinge. En soos hy sê, dit gaan nie oor hoe hard jy slaan nie, maar hoe reguit. Die punt is, ek is by my spreekwoordelike driving range en ek fokus op die vlaggie.

Kom ons hoop die Witneus besluit dat my aansoek by vêrre die beste was, want dan gaan dinge net nog interessanter raak hier in die sleepy hollow.

Wednesday, October 29, 2008

bitter(soet)einde

Ek het nie 'n kostuum nodig vir Vrydagaand se Halloweenpartytjie nie.

So kom die kwartaal uiteindelik tot 'n einde. Dit was moontlik die rofste 7 akademiese en emosionele weke van my lewe. Na reekse en reekse se laat nagte, deurnagte, vroeë oggende en lang etensure van tik, navors, hersien, tik en weer tik is dit nou klaar.

Maar ek voel so bietjie soos 'n zombie. Dis moontlik dat ek al twee dae terug 'n berroerte gehad het en nog nie agter gekom het dat die skuim teen die kant van my mond afdrup nie. Bloot net omdat ek onophoudelik sit en tik en tik en tik aan die bemarkingsplan.

Tussendeur dit alles het ek 'n paar splinternuwe Converse skoene gewen. En 'n nuwe hart gekoop.

Na die vreeslike bedrywige en kleurvolle beknopte jaar is daar iets bittersoet aan die einde wat my opgewonde en blinkoog motiveer om uit te hou en aan te hou en klaar te maak.

Saturday, October 11, 2008

Te vroeg vir 'n Saterdagoggend

Ek hou van vroeg opstaan.

Dit was nog nooit regtig 'n pyn vir my om vroeg op te staan om iets te gaan doen nie. Plig of plesier, as die wekker afgaan dan is ek reg vir aksie. Die afgelope 2 maande was eintlik bietjie moeiliker, want daar is net nie genoeg energie in my lyf oor om in die oggend op te staan nie.

Appleslut wat BRek Honns doen en haarself ook simpel swot, beskryf die gevoel so mooi. As mens in die oggend wakker word wil jy begin huil en jou kussing vashou en uitskree:
"Noooo, the pain starts!!"

Maar iewers laasweek het ek tot die besef gekom daar is 3 goed wat ek MOET doen om hierdie kursus deur te kom.

Ek MOET eet.
Ek MOET slaap.
Ek MOET oefening doen.

So maklik soos dit. My oplossing vir die volgende 3 weke is dus om die drie goed eweredig te verdeel en dit die lekkerste dele van my dag te maak. Want ja, die ander 15 ure sit en tik ek aan die tesis.

So elke dag het ek 'n ete afspraak met iemand wat my siel voed.
Ek maak seker ek slaap minstens 7 ure per nag.
En ek oefen vir 'n uur, net om die frustrasies uit te woed.

Vanoggand is ek weer heel vurig op en wakker. Reg vir die gym en reg vir die maraton tiksessie. Na gistraand se dinner-party met Netsie en Appleslut is ek gelaai vir enige berg of storm.

Ek was heel in my skik met myself dat ek al 06:20 stop voor Coetzenburg... net om uit te vind dat hulle eers 07:00 op 'n Saterdag oopmaak!

Thursday, October 9, 2008

roomys statistieke

Ek hou nie van roomys nie.

Nie omdat dit vet maak, of te ryk en romerig is, of te soet nie. Ek hou van die idee van roomys eet op die strand. Dit lyk altyd so lekker om 'n roomys te deel en lek-lek in die straat te stap met jou liefling en 'n dubbel sjokolade-toffie op een van daardie lekker horinkies.
Maar ek hou nie van roomys nie, al van kleins af.

Roomys is koud en gee my onmiddellik hoofpyn.

So ek is besig met 'n magdom statistiek wat ek moet verwerk en kodes gee en in Excell op 'n spreadsheet moet sit.
Ek haat Excell.
Dis te reguit, te akkuraat, te veel blokkies en herinner my hopeloos te veel aan iets soortgelyk aan 'n kontantontvangstejoernaal of watookal dit was wat ek geleer het in rekeningkunde in st7.

En met al hierdie navorsing word ek toe geforseer om 'n spreadsheet te maak. Al die blokkies, al die kodes, al die data. Genoeg om my hoofpyn te gee, want ek kyk kruismedwars en kan nie sien watter lettertjie by watter nommertjie moet kom nie.

Dis toe wat ek aan roomys dink. (want dis skielik koud hier in fharga en nie meer so subtropies nie). Net daar vind ek die oplossing vir my hoofpyn! Die rye en rye blokkies is nou in kleure in roomys skakerings. Lyk te pragtig, so asof mens dit wil lek.

Van een hoofpyn na die volgende is ek darem nou heel in my skik met my roomys statistieke!